Pack your Bags, we're Traveling

Philadelphia

(nee, nie die hoofbestanddeel van kaaskoek nie, dit is ook nie die dorpie in Pennsylvania nie).

Philadelphia, die pragtigste ou dorpie in die Wes-Kaap, net duskant, anderkant Malmesbury (of Durbanville, afhangende van hoe jy ry, natuurlik hou ek daarvan om MalmesbuRy te sê, en die “r” te bRei).

Die stoep deel van De Oude Postkantoor op Philadelphia.

Vir een of ander rede raak ek verlief op dorpe, stede en soos al voorheen genoem; plekke waar ek nog nooit was nie. Philadelphia is geen uitsondering nie… Soos jy in die dorpie in ry is dit “liefde met die eerste oog-opslag”. My hart klop vining, ek sien die mooiste stoepe, dakke, paadjies en winkeltjies en ek begin droom oor die dag wat ek in die dorpie kan woon…

“Hiér, wil ek nog bly”

Geskiedenis (ja, want ons almal moet iets leer)

Philadelphia het in 1863 ontstaan. Vroëer jare het die boere in die distrik gereis na die nabye Durbanville vir Nagamaal (nogal te perde kar). ‘n Boer in die Philadelphia area het besluit tot hiertoe en nie verder nie en hy het geld geskenk sodat daar ‘n kerk gebou kon word nader aan waar hulle woon, en die “broerders” van die gemeenskap in Philadephia kon kerk-gaan. Philadelphia beteken broederliefde, dit is verseker broederliefde wat dié boer gehad het vir sy “broeders”, kan jy  daaraan dink om 40 km te perdekar te ry kerk toe?

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk – Philadelphia

 

Die trein na P… hiladephia

Daar is soveel mooi aan die dorpie, ek nie seker is wat my gunsteling is nie. Een van my gunstelinge is verseker die pad na die dorpie. Maak nie saak watter roete jy ry nie, die paaie is omring met groen weivelde, lig groen koring, skape, vrieskoeie en die mooiste geel Canola blommetjies (juis in Augustus September). (kliek “hier” om jou roete te vind: hier #SeeWhatIDidThere).

Die mooi groen koringlande.

 

Die pad na Philadelphia

 

Soos mens deur die dorpie stap, reis jy terug in tyd, maar beleef ook die absolute kultuur van die hede met plaaslike kunstenaars se kuns om elke hoek en draai.  Die gesigte in die dorpie raak al bekend, die mense is vriendelik en groet as of julle mekaar lanklaas gesien het. Dit voel al soos ‘n gewoonte, dit voel of jy kom kuier in philadelphia, natuurlike as daar die drie kuier-stoppe.

 

1. Elsire Roos Gallery

Elsire Roos se gallery was en is een van my gusnteing plekke om te besoek. Elsire het intussen die Gallery toe gemaak om op haar kuns te fokus (ek hoop dat sy binnekort weer sal oopmaak). Die stop by die gallery is die eerste stop met die aankoms in Philadelphia. Hier word daar eers gekuier en gesels met Elsire en Stefan oor tweedhandse- en antiekeware, gedroom en in sirkels geloop om en om die mooi goed in die winkeltjie (let wel, aan die binnekant, nie buite nie, dit sou net vreemd wees), maar ek kan nie net koop nie, ek moet eers gaan dink oor die mooi goed voor ek koop, anders gaan ek met ‘n bakkie-vrag daar weg ry.

‘n Ou “trieng-trieng draai” telefoon by Elsire Roos se Gallery

 

Ou skale te koop by Elsire Roos se ou Gallery

 

2. Pepper Tree

Pepper Tree is die mees lieflike koffie-restaurant-bistro-thing-a-ma-bob. Of dit nou is vir onbyt, middag-ete of tee-tyd, wat ‘n lekker plek om te besoek. Die kos is huis-kos, tuis-kos, “oxtail” met groente, lamskouer met kapokaartappels en ordentlike “gravy” (want sous klink net nie reg nie). Daar risotto vir die “foodie” en lemon meringue vir dié soos ek met ‘n konstante soet-tand. Jy sit onder die ou Peperboom of op die stoep waar jy rustig aan koffie teug en loer vir die mense wat inkom (natuurlik ook aan die mooi goed dink in Elsire se Gallery). Kombersies word aangedra vir die wat koud kry (daardie oulike knie-kombersies wat jy oor jou bene gooi) en skinkborde met koffie is oral te sien.   Philadelphia is dalk klein, maar moet nie die hoeveelheid toeriste onderskat nie, nie te veel om die dorpie vol te laat voel nie, maar genoeg om Pepper Tree vol te sit rondom middagete. Jy kan bespreek, of wag vir ‘n tafel, en ja, die wag is verseker die “moeite” werd.

Die stoep by Pepper Tree.

 

3. De Oude Postkantoor

Dié winkeltjie is ‘n kombinasie van oud en nuut. Die mooiste ou tweedehandse “’bits and bobs”. Daar is ook nuwe snuisterytjies, lampies, magnete, rakke, koppies en natuurlik bottels met outydse lekkergoed (soos daardie groot “appelkosies” wat net-net te groot is om te byt, en jy met ‘n enorme lekker in jou kieste sit). Die winkeltjie is Sondae oop, maar net toe tydens Kerktyd, sodra kerk uitkom is die eienaars weer daar gereed om te help.

Die ingang van “De Oude Postkantoor”

 

Marrokaans-geinspireerde teels by De Oude Postkantoor.

 

Ou koeldrankbotteltjies op die stoep by De Oude Postkantoor

Maak nie saak hoeveel keer ek in Philadelphia kom nie, ek raak net eenvoudig nie moeg vir die plekkie nie. Dit is naby genoeg vir ‘n dag se rit van Kaapstad, en voel soos vakansie, sommer vêr weg. Philadelphia is lieflik, verseker die kuier en die lemonmeringuekoek werd!

Pak die padkos, gaan kuier in Philadelphia.

Liefde, Lien x

 

    Kaapstad
   18:57
  Die klank van die kaggel wat wil gesels.

 

De Malle Meul restaurant en kunsgallery

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *