Woorde en kiekies: Henriëtte Jansen van Vuuren
Henriëtte studeer tans Bsc Verbuikerswetenskap by die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom. Sy wil graag haar Honeurs doen na sy haar graad vewerf het asook haar eie besigheid begin na sy haar studies voltooi het.
Om meer oor Henriëtte te lees, sien onder!
Volg haar op instagram by:
@Dandelion_delineation of @henriette_j.v.vuuren

Van kleins af bekoor stukkies lap en hoe om dit saam te voeg of te drapeer in speelse bal rokke my.
My ouma en my ma het my leer naaldwerk doen, maar as kind het dit my ontsettend verstreur as ek gare koek en naalde breek. Dit was eers veel later dat ek my stukkies lap in suksesvolle uitrustings kon omskep. My ma glo steeds my idees is te ingewikkeld, maar laat my begaan as ek vyf verskillende patrone wil kombineer.
Pylnate en belegsels probeer ek vermy met my keuse van materiaal en nate plaas ek net waar dit noodsaaklik is. Oop rue en interessante lyne is my forte, terwyl ingeboude bra’s ook baie kenmerkend aan my uitrustings is, aangesien ek dit op unieke wyses inkorporeer. Soms raak ‘n mens moedeloos as die beplanning nie uitwerk nie, maar…
Ek weet wat ek wil hê en ek sal aan hou skaaf aan my eindproduk tot die prentjie in my kop realiseer.

Sy het al verskeie uitrustings gemaak en ontwerp vir haarself en vir ‘n hele klompie aanhangers van haar ontwerp talent!
- ‘n formele kort navy kant rok
- ‘n flair kort balrok
- ‘n formele lang kant rooirok vir Mnr en Mej AHS (Top 5).
- Sy het ook haar matriekafskeidsrok self ontwerp.
- ‘n swart en pers lang rok vir die verbruikerswetenskap fakulteit modeperade
- ‘n groen balrok vir die verbruikerswetenskap fakulteit modeperade
“Die modeperade aangebied deur die verbruikerswetenskap fakulteit was die eerste formele kompetisie oor modeontwerp waaraan ek deelgeneem het.” – Henriëtte –
Prettige Flair Rokkie!
Blogger Comment:
Ek het soveel pret gehad in die rok! Ek wou dit net eenvoudig nie uittrek nie!
Sien uit om nog ontwerpe van Henriëtte te sien!

[…] For more on Henriette, read her bio in the “The Henriette” […]
Besonders en uniek. Sowaar ‘n sprokies rok!
Vriendin jy maak my trots!! Jy is ‘n prinses, nie net oor jy beeldskoon is nie maar jy het ‘n hart van goud!
Mooi, mooier, Henriëtte! Go girl!