Words & Photos by: Bianca van der Merwe
The Designer
27 November 1996 om 02:15 te Kallie De Haas Hospitaal Potchefstroom het ek, Bianca Wilhelmina van der Merwe die eerste lewenslig gesien. Kort na my geboorte het my ouers verhuis na Welkom in die Vrystaat, waar ons woonagtig was tot einde 2009 toe ons terug verhuis het na my geboortedorp, Potchefstroom.
As baba het ek reeds n sterk persoonlikheid geopenbaar, nie net was my dag en nag omgeruil nie, ek was allergries vir babamelk asook die jel in die weggooi doeke. Maklik was ek geensins…
Tydens my kleuterjare het ek n stywe ‘pony’ direk op my kop, 90° regop gedra, daar mag geen hobbels (“bubbles”) in my hare gewees het nie. My kleredrag was soos die van n modeleier, altyd gemeng en pas en met kleure gespeel. Nooit in harmonie aangetrek nie
.
Natuurlik was die platvorm sandale die afronding van my daaglikse uitrusting. Met geen bang haar op my kop het ek die kleuterskool daagliks betree met selfvertroue wat skrik vir niks. Die juffrouens het met n glimlag my gegroet en oe gerol want hul het my geken, as ek my kop op n ding gesit het, dan het ek gemik vir dit.
Op laerskool het ek uitgeblink as danseres en top tien leerling. Dans was my passie en het al my gevoelens en emosies daaruit beoefen en deur my danspassies met mense gekommunikeer. My ma se nou nog: “Binx, as jy daardie ‘hip-hop’gedans het, het my hele lyf in hoendervleis verander” Ek het altyd manet gelag daaroor, tot en menigmale goud verwerf het by kompetisies asook dans-eksamens. Ek het graag aan ‘tap’, ‘modern’ en ‘hip-hop’deelgeneem.
My hoërskool loopbaan het ek geweet ek gaan eendag universiteit toe. Watter rigting was nog vaag, maar ek het gemik vir Verpleegkunde wat nie gerealiseer het nie.
Ek het inligting ingewin en eindelik besluit op Verbruikerswetenskappe. Ek het dadelik keuring gekry. My droom en fokus was toegvou in geloof, ek het in geloof elke dag aangepak en ek is ryklik geseënd met die vrug van my geloof. Ek werk hard, doen elke dag my deel, woon elke dag klasse by met entoesiasme.
Ek was ook die 2de jaars Verbruikerswetenskappe 2017 se klasverteenswoordiger, en is tans die 2018 klasveerteenwoordiger. En dis absoluut al wat ek wil wees, n rolmodel vir ander sodat hul weet ALLES IS MOONTLIK. Ek ervaar die universiteitseisoen as die finale afronding van my menswees vir die blink toekoms wat op my wag.
The Dress
Inspirasie: “WALKING AMONGST ROSES”:
My inspirasie vir my meesterstuk “walking amongst roses” het begin toe ek gekies is tot die modeparade 2017 sub-komitee. My gedagtes was orals gewees. Ek het die tema voorgestel van “nature” en op die oueind was dit toe gekies gewees vir die tema van die modeparde 2017.
Ek het eers nie gedink ek gaan inskryf nie, omrede ek nog nie aan so iets deelgeneem het nie en het ook effens getwyfel of ek n sukses van dit sou maak. Nadat die tema se kleure aan ons bekend gemaak is, was dit onmoontlik om my te keer…
Ek het dadelik met 2 moontlike ontwerpe na vore gekom en moes baie mooi dink tussen “eenvoud of elegant”
Ek het geweet ek wil die “off the shoulder” beeld he, maar ek het nie geweet presies hoe nie. Sagte pienk rose was ook op my wenslysie vir die meesterstuk.
Die rose se inspirasie het gekom vanaf lente, ek is n lente meisie.
Ek wou die lente in die natuur asook die vroulikheid uitbeeld met hierdie rok.
Ek het die rose met hand gevou en self geplak en gewerk aan die rok een vir een, asook die perels vasgewerk aan al 121 rose op die ontwerpte rok.
Blogger’s note:
Daar het julle dit!
Die agtergrond agter Bianca! (Watch this space, sy het nog baie om die wêreld te wys!)
Bianca is ook onder die top 15 van haar jaargroep die jaar! (say what?!)
[…] To read more about Bianca in her own words, click here: “Here” […]